Thursday, August 18, 2011

I TALK TO THE TREES



John en Teresa Tree (glo my of nie maar hulle is pure Afrikaners) het by my vir ‘n week kom bly en op Saterdag was dit weer die Koffie Kan in St Helenabaai. Dié uitstappie is bedoel vir ons wat oor vyftig is en is ‘n geleentheid om bymekaar te kom, te gesels en lekker te eet. Dis geinspireer en gemotiveer deur Menita Paxton (voor), lid van NG Kerk, maar is bedoel vir almal wat in die dorp woon.


Bo en behalwe die feit dat Teresa ook ‘n prys in Bingo gewen het, het hulle my vriende - insluitend my dierbare vriendin Susan – ontmoet en saam met ons gekuier.


Van daar af was ons tot oo op Britannica Heights om die Uitsig vanaf Elandsbaai tot Cape Columbine buite Paternoster te geniet en waar ek die blomme kan identifiseer om ‘n berig vir toerisme doeleindes te skrywe.

Gawe mense, maar ek sê weer: al my gaste is uitstekend. Lief hulle almal.

No comments: